Goue Eeue (MP3 Aflaai)
R90
Toonsettings van Uys Krige se gedigte.
Leon Albert het in 2010 ‘n album voltooi met toonsettings van Uys Krige se gedigte, genaamd GOUE EEUE. .
Dit het saamgeval met die 100-jarige herdenking van Uys Krige se geboorte in 1910.
Die aankondiging van die CD is op 26 Februarie 2010 gemaak by die Woordfees in Stellenbosch tydens die gedenkgeleentheid: Uys Krige in Ons Binnekring.
Goue Eeue is verwerk in ‘n musiekteater produksie met Leon op stem, klavier, trekklavier en kitaar en is by verskeie teaters en funksies opgevoer, waaronder:
- Aan de Braak Teater,
- Dorpstraat Restaurantteater,
- Pierneefteater,
- die 2011 Woordfees ens.